The winter is on its way! Together with the cold weather, which means warm food and hot fireplaces for some, means great challenges for the most of the small children in our community.

As part of our annual projects we are again proud to partner with our community to bring HOPE back to our toddlers by clothing them with brand new warm socks and a tracksuit. This is only one of the ways we lift our parents’ hands and support them to care for their children.  We rather support the children with warm clothing than with blankets which can easily be taken from them.

Our annual Winter Project starts on the 2nd of May 2019.  You can contribute to this initiative by donating R130 per child.  A payment can be made into our Ma’s-vir-Wellington projects account. Please use Winterproject2019 as reference.

Contact Lizette admin@masvirwellington.co.za or the office 021 864 1889 for further enquiries.


Die winter is oppad! Saam met die koue weer wat vir ander warm winterkos en kaggel beteken, is daar baie uitdagings wat meeste van ons Ma’s vir Wellington kinders in die gesig moet staar.

Vir die meeste kinders in ons projek beteken dit koud slaap,modder voete en nat huisies.Met winter sluip daar ‘n gevoel van wanhoop vir so baie gesinne by die deur in.    

As deel van ons jaarlikse projekte bring ons saam met ons gemeenskap weer hoop terug deur ons kleuters te bederf met ‘n warm sweetpak en sokkies.  Uit ervaring is dit die tyd wat ons trots maak om deel te wees van Wellington se omgee-gemeenskap te wees.

Die Winterprojek skop 2 Mei 2019 af.  Jy kan ‘n kind se lyfie warm hou deur R130 by te dra tot die projek.  Die bedrag kan inbetaal word by die bankbesonderhede onderaan. Gebruik die verwysing Winterprojek2019.

Kontak Lizette by admin@masvirwellington.co.za of skakel die kantoor 021 864 1889 vir navrae.

Leave a Comment