Maak ‘n verskil in ‘n KIND se lewe
“ADOPT-A-CHILD “
Ma’s-vir-Wellington is ‘n GEMEENSKAPSPROJEK – ons kan slegs vir die kinders gee wat ons van die gemeenskap ontvang, en ons kan dit dus slegs deur jou ruimhartigheid doen.
WAT IS DIT ?
Ons het tans 250 kinders tussen 3-7 jaar, waarna ons weekliks uitreik. Deur ’n projek ‘Adopt a Child’ – kan jy een of meer van hierdie maatjies “aanneem”:
Hierdie is kinders wat normaalweg op die straat sou speel en nie kan bekostig om dagsorg, speelskooltjie of creches by te woon nie. Die meeste van hierdie maatjies se nood is liefde, leë magies en koue lyfies. Hulle kry ook geen blootstelling aan die Woord van God nie.
HOE KAN EK HELP ?
Jy kan as ‘n huisgesin/onderneming/selgroep of vriendekring, so ‘n kindjie aanneem teen R20 per week of teen R80 per maand. Hierdeur voorsien jy dus vir die kindjie ‘n deel van sy voeding asook ‘n deel van sy Jesus lessies.