![Avodah Fliek](https://masvirwellington.co.za/wp-content/uploads/2018/07/IMG-20180618-WA00081.jpg)
Avodah Fliek
0 Comments
Watter groter bederf as ‘n fliek op ‘n reëndag! Die Avodah-groep vir ons intellektueel gestremde persone en die vrywilligers wat saam met hulle werk, word heerlik bederf deur Minimax, Paarl. Dit was van hierdie mense se eerste keer ooit in ‘n fliekteater. Een van die vrywilligers het laas vir 5c die rolprent, King Kong, in 1980 gaan sien en heerlik in die stoel lê en slaap!
Die doel van uitstappies met ons volwasse gestremde persone, is om hulle aan nuwe ervarings bloot te stel en hulle sosiale vaardighede te versterk.
Kom besoek ons Avodah-groep op ‘n Woensdagoggend om 9 uur by Blignautpark as jy betrokke wil raak of ‘n bydrae wil lewer.