Title Image

Blog

Expanding our Team

We are truly blessed to know that the Lord send us His warrior daughter to assist us bringing new change to carry His heart further in our ministry.

In her experience she has learned that healthy boundaries and functional structures nurture a healthy working environment. Every person needs to be accurately positioned, taking into account their own strengths and skills, to grow.

Salomé is a woman, like any other, who would like to see that all children, mothers and woman of all ages become the individuals that God has intended for them to be. Creating an environment where they can feel physically and emotionally safe and loved is an essential part of her background. Only when people feel safe, do they have the capacity to trust, and only through a healthy trust relationship, we can help, uplift and equip them to develop to their fullest potential.

The Lord was so faithful to send us a new addition to our team with a heart and passion for His Kingdom. Salome Langmann joined our team in April this year.


Ons is werklik geseënd deur te weet dat Vader spesifiek ons nuwe operasionele bestuurder met die hand uitgekies het om Sy hart en passie vir Koninkryk verder in ons bediening uit te brei. Salomé Langmann het by ons span aangesluit in April. Sy het reeds’n paar jaar terug haar hart in die gemeenskap van Wellington verloor en sommer haar voete stewig saam kom plant.

Die Ma’s-vir-Wellington bediening het die afgelope 11 jaar ongelooflik gegroei en is op ‘n plek om te herstruktureer vir die volgende jare in ons reis.  Deur Salomé se ervaring het sy geleer dat gesonde grense en funksionele strukture, ‘n gesonde en veilige werksomgewing skep. As operasionele bestuurder glo sy dat elke spanlid, inagnemend van hul eie sterkpunte en vaardighede, akkuraat geposisioneer moet word sodat ons bediening optimaal kan groei. 

Salomé is ‘n dinamiese vrou wat graag wil sien dat alle kinders, moeders en vroue van alle ouderdomme, in die individue sal ontwikkel wat God vir hulle beskik het om te wees. Dis vir haar belangrik dat daar vir elkeen ‘n omgewing geskep word waar hulle fisies en emosioneel veilig en geliefd kan voel. Wanneer mense veilig voel, het hulle die vermoë om ten volle te vertrou.  Slegs dan kan ons ‘n vertrouenspad met elkeen stap en hulle ontdersteun om tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.