Paarl Post has visited our children’s ministry in Blignautstraat, New Rest. They spoiled the children with new toys and snacks. Importantly they gave their time to the children – playing, drawing and colouring. This donation by Paarl Post was made possible thanks to the annual donations from the public to the PAARL POST-CHRISMAS FUND.
Paarl Post het vandeesweek besoek afgelê by ons kinderbediening in Blignautstraat, New Rest. Hulle het die kinders groot bederf met nuwe speelgoed asook lekker eet en drink goedjies. Nie net dit nie, maar hulle het hul tyd saam met die kinders spandeer om te speel, teken en in te kleur.
Hierdie skenking deur Paarl Post is moontlik gemaak te danke aan die jaarlikse skenkings vanaf die publiek aan die Paarl Post-Kersfonds.