![](https://masvirwellington.co.za/wp-content/uploads/2021/11/Mas-vir-wellington-News.png)
Geloof, hoop en liefde, die grootste hiervan is liefde
Ek het baie gelees en gehoor dat liefde iemand kan verander… maar het jy dit beleef en met jou eie oë gesien? Dit is vir my ‘n werklikheid, want onder ons oë het kinders verander… HULLE LYK SELFS ANDERS!!
Hoe gebeur dit? Deur ‘n drukkie, handjie vas te hou, woorde wat help met… Jy kan, wanneer jy nie eers dink jy kan ‘n mannetjie met klei maak nie.
Kan dit so eenvoudig wees? Jesus se opdrag aan ons is om mekaar lief te hê. Met die samestelling van die nuusbrief kyk ek na foto’s wat geneem is die afgelope paar jaar en ek kan nie help om die verskil in ons kinders te sien nie! Hulle ogies blink weer, hulle lag uit hulle magies, sing en speel met oorgawe as hulle die geleentheid kry.
En die mooiste van alles is… Hulle begin ook liefde uitdeel en sonder dat hulle dit besef, begin ons ‘n nuwe generasie wat weet wat liefde beteken.