![](https://masvirwellington.co.za/wp-content/uploads/2019/07/aeb94ca7-36d1-47aa-9935-84d1c1767abb.jpg)
Thabisa reaching out to NorSA
The Thabisa group serves women from broken and abused relationships with God’s Word and help them see how much love Jesus had for women, to restore love for themselves and others.
Every month the Thabisa group reaches out to Norsa, a community program in Wellington. This month’s visit was extremely special! The group had so much fun when the eating of oranges turned out to be an “orange kissing” session. (This is when you have an orange slice in your mouth and attempt to kiss someone else.) They also interacted with the children by playing ball and other games with them.
These ladies learn to first share the love they yearn for to others around them.
Proverbs 31:20 says “She opens her arms to the poor and extends her hands to the needy.”
The group gathers for Bible Study on Mondays to study God’s Word. Here they are in a comfortable environment where they can experience and feel incredible love. This is where they learn that they are all worth more than corals!
Die Thabisa Bediening is vir vrouens vanuit gebroke en mishandelde verhoudings. Die span lei en versorg die vrouens deur verhouding bou en die Woord wat hulle help om te sien hoeveel liefde Jesus vir vrouens gehad het om sodoende die liefde vir hulself en ander te herstel.
Die Thabisa groep reik maandeliks uit na Norsa, ‘n gemeenskapsprogram op Wellington in die Newrest area. Hierdie maand se besoek was uiters besonders! Die groep het heerlik vir mekaar gelag toe die eet van lemoene ontaard het in die gee van lemoensoentjies! (Dis nou ‘n soentjie terwyl jy ‘n lemoenskyfie in jou mond probeer inpas). Hulle het ook interaksie met kinders deur saam met hulle balgooi en ander speletjies te speel. Die vrouens leer om die liefde waarna hulle elkeen so smag, eers vir ander te kan bied.
Spreuke 31:20 Sy het ‘n oop hand vir die armes, sy is vrygewig teenoor die behoeftiges.
Op Maandae kom hierdie groep vroue bymekaar vir Bybelstudie om meer van God en Sy Woord en waarheid te leer. In die tyd doen hulle ook hand- en naaldwerk om vaardighede aan te leer sodat hulle verantwoodelikheid kan leer, en so vir hulle self te kan sorg, en dalk ‘n inkomste te kan genereer. Hulle is in ‘n veilige omgewing waar hulle ongelooflke liefde kan ervaar, en kan glo, elkeen is méér werd as korale!