![](https://masvirwellington.co.za/wp-content/uploads/2021/11/Mas-vir-wellington-News-3.png)
‘n JAAR VAN DANKBAARHEID & GROEI
2010 : Die jaar van groot sokker opgewondenheid hier in ons land.
Groot stadions is gebou, baie wedstryde is gespeel en uiteindelik is die wenner aangewys en die trofee oorhandig. Hier in Egoli was dit ook ‘n tyd van groot opgewondenheid, van oorwinnings in Jesus Christus. Ons span van mammas wat omgee, het net groter en groter geword en die kindertjies, net méér en méér. Voor ons, ons oë kon uitvee, het die getal kinders wat Dinsdae en Donderdae hier by die Colibri-saal kom saam kuier, verdubbel van 200 tot oor die 400! Soos die kindertjies meer geword het, het die liefde tussen hierdie vier mure ook net meer en meer geword – liefde vir elke kind se voetjies wat oor hierdie drumpel stap, liefde vir elke mamma wat help sonder om enige vergoeding te verwag, liefde vir ons Hemelse Vader wat hierdie liefdesdaad moontlik maak.