Title Image

Blog

Ons sê DANKIE …

Dankie aan ons Hemelse Vader vir ’n jaar van oorvloed, seën en groei !

Dankie vir elke onderneming, huishouding,

individu, skool en kerk se bydrae, liefde en onder-steuning, waarsonder dit nie moontlik sou wees nie.

Dankie dat ons kan hande vat en so Jesus se liefde na ander kan uitdra.

Ons het elkeen so baie geleer, gegroei en was bevoorreg om deel te wees van God se plan om aan ander Sy liefde te wys.
Ons kan net getuig van God se liefde en oop hand vir ons kinders.

ALLE EER AAN DIE HERE !!

Ons KINDERS kry “ GRAAD”

Aan die einde van elke jaar is daar van ons kinders wat ons verlaat om na die groot skool te gaan.

Hierdie jaar moes ons vir 70 van ons maatjies groet. Ons sê baie dankie vir die voorreg dat ons vir elkeen ‘n skooltas met skryfbehoeftes, waterbottel en n kosblikkie kon gee. Die ge-siggies het gestraal en hulle was so opgewonde. Baie dankie vir die groot skenking wat ons kinders toerus vir die toekoms !

Click hier om meer te lees