Skoene
Die vrywilligers is dankbaar vir die groot donasie splinternuwe kinder- en volwasse skoene. Die getuienisse wat hieruit spruit maak mens weer eens dankbaar vir alles wat ons ontvang.
Resepteboek
Ons werk aan ‘n spesiale resepteboek uitgawe vanuit die hart van ons vrywilligers. Hierdie “Tannie-Mammas” sorg onvoorwaardelik vir enige kind wat oor hulle pad kom. Ons het so ‘n stukkie van hulle getuienisse en geheime kosresepte probeer vasvang.
ECD Registrasie
Buiten die groot groep kinders wat op Dinsdae en Donderdae na die kinderbediening kom, word daar nou ook op skoolgereedheid vir die 5jariges gefokus. Op ‘n Maandag, Woensdag en Vrydag word daar ‘n spesiale ECD program met hierdie 40 leerlinge
KWARTAALPROJEK: Winterklereprojek
Kyk hoe helder ‘n grys, koue winter ‘n kind se lewe op. Dankie dat julle ons gehelp het om hierdie koue winter warm te maak vir ons kinders. Die Here het ons oorvloedig geseën met fondse en bydraes uit die gemeenskap.
Avodah Fliek
Watter groter bederf as 'n fliek op 'n reëndag! Die Avodah-groep vir ons intellektueel gestremde persone en die vrywilligers wat saam met hulle werk, word heerlik bederf deur Minimax, Paarl. Dit was van hierdie mense se eerste keer ooit in
Bright Star
Dankie aan Margaux Reitsma wat aan al die vrywilligers Brightstar se First Light kursus aangebied het. Die First Light kursus is ontwerp as ‘n inleiding tot die BrightStar Life Skills Program.